Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Verandering… ’n goeie ding
Weg! Platteland
Vertel ons
Nuus& dagboek • Die somer is ’n tyd van samesyn, en Platteland deel graag ons gunstelingpasmaats vir die feestyd en nuwe jaar. Ontdek besonderse spys en drank, dekor om jou lewe opnuut in te kleur, en feeste en markte in oorvloed!
Aaa… koffiekapitaal!
Koffie… in die somer?
Maak ’n wens by die vuurvliegiegloed
’n Kat se (tweede) kans
Nostalgie in volkleur
Dinge vir joudagboek*
HIER’S JOU LAASTE KANS…TEKEN IN TEEN 2018 SE PRYS!
Ons gaan dorp toe • Vir dié vrolike kopies is ons al agter die somerson aan na Carnarvon, Citrusdal, Darling, George, Groenpunt, Hankey, Jozi, Kaapstad, Lynedoch, die Paarl, Pietermaritzburg, Simondium, Welllington en Westlake.
De Rust Die naam sê alles! • Aan die voet van die Swartberg, 2 km van Meiringspoort se suidelike punt af, lê De Rust: ’n hemelse trekpleister vir “nietige stadsmiere” wat in die grootse natuurskoon van die Klein-Karoo die gelukkigste weergawe van hulleself ontdek het.
Ontmoet diemense
Poskaarte aan oom JanPoortjie • Oom Jan van Niekerk se hele lewe was ingedeel volgens die droë en nat jare op sy plaas, Poortjie, in die Boesmanland – en die laaste hoofstuk was ’n droogte van agt jaar. Oom Jan het nie 2022 se fantastiese somer beleef nie, en daarom het Willem van der Berg vir hom gaan foto’s neem.
TOWER FEE van die tuisnywerheid • Op die vrugteplaas Drie Eike aan die buitewyke van Robertson verander Elana Bruwer die aspoestertjies onder die Breëriviervallei se uitvoervrugte – dié met merke en kneusplekke – in ’n spogreeks tuisgemaakte produkte wat nou al in sewe provinsies én aanlyn te koop is.
Smee die yster • Yster-en lemsmede, daardie meesters van warm metaal wat die smedery laat voortleef, skep reg oor Suid-Afrika lieflike kunswerke. Alan Duggan het ’n paar van hulle opgespoor – en het sommer nuwe respek gekry vir ’n ambag wat al duisende jare beoefen word.
Die liefde maak seer…
Aan die begin…
OP HOL OOR WOL! • As ’n fotograaf die kans kry om Middelburg in die Karoo te besoek om die heel eerste fees by te woon waar elke aspek van die befaamde Suid-Afrikaanse wolbedryf in die kollig gaan wees, dink jy nié twee keer nie, sê Sam Reinders.
Op ’n galop… Philippolis toe! • Ná ’n leeftyd in die stad en 20 jaar in die polisie was Juliette Whelpton gretig om ’n nuwe koers in te slaan. ’n Dokumentêr oor die Anglo-Boereoorlog en beeldmateriaal van Fleur – genl. Christiaan Rudolf de Wet se arabierperd – was die vertrekpunt vir haar kinderboekreeks, Helde met hoewe. Só volg sy in die perdespore van Pretoria af Kaapsche Hoop toe… al die pad tot op Philippolis.
Die kuns van sigare • Handgerolde sigare is ligjare verwyder van die skadelike sigarette wat mense daagliks inryg. Jy het týd nodig om ’n sigaar te rook en die geure te waardeer – en die rook kom nie naby jou longe nie. Die sigare wat Santa Bras met die hand van plaaslik gekweekte tabak rol, is boonop elkeen ’n kunswerk in eie reg.
Só rook jy ’n sigaar
Sigaarfeite en-geite
ONTDEK DIE VERSTE UITHOEKE VAN NAMIBIË • Kom verdwaal (op ’n goeie manier) in die Kunene-streek in die noordweste van die land saam met Weg! en Heuningland Toere. Dit beloof om die toer van ’n leeftyd te wees
Kweek… en kook EN SPAAR R150!
Kom ons...