Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Nuwe jaar, nuwe visie…
Weg! Platteland
Vertel ons
Om weer ’n kind te wees
Wagtyd in die stof
Hoe verlang ek na ons dwerghuis
Gaan los jou stres op Rosendal!
Ietsie vir die hitte?
Kyk mý takbok!
Met die maan gepla
Nuus & dagboek • Met die ritseling van roeskleur blare wat die koms van die herfs aankondig, gee ons jou ’n blik op die kern van boerwees – daarby maak ons die koeler dae warmer met ’n dagboek vol feeste, idees en lekker doendinge!
In die skoene van ’n Karooboer
Elke hond kry sy dag…
Herfsode aan die somervrug
Nét reg vir klein honde
Kom doen die oog-Camarena!
Verleidelike nougat
Dinge vir jou dagboek*
Doendinge vir die herfsseisoen
Ons gaan dorp toe • Jacobsbaai, Montagu, Oudtshoorn, Mosselbaai, Outeniquapas, Noll, Stellenbosch, Wellington, Vlottenburg, Durban, Pretoria, Benoni, Emmarentia, Graaff-Reinet, Gqeberha, Observatory… ons het oral rondgeflenter vir die slimste herfskopies.
Die Rosendal-frekwensie • Die kleine en pragtige Rosendal in die Oos-Vrystaat het die afgelope klompie jare gehuiwer tussen baie gewild en ’n amperse spookdorp. Maar nou lyk dit asof Covid-19 die inenting was wat die plekkie nodig gehad het.
Ontmoet die mense
Eet, drink, wees plesierig!
’n Liefde vir lorries • Ná 45 jaar agter die stuur van ’n vragmotor het Gert de Waal (letterlik) die tuig neergelê. Maar toe tref die noodlot hom, en hy besef met lorries is hy nog lank nie klaar nie…
’n Wonderwerk in die Kalahari • Die Kurumanrivier het die Kalahari verlede jaar twee maande laat partytjie hou toe hy die eerste keer in dekades aan die loop gegaan het. Heelwat ongelowiges het ver gery om self te kom kyk na die wonderwerk.
Steenbokpan Diép in die Bosveld se stilte • Wie weet waar Steenbokpan is? Dié kruispaddorpie lê in ’n deel van Limpopo waar min mense woon – en nóg minder kom kuier. Maar dis hier waar ds. Hein Enslin sy plek in die wêreld kom vind het.
Gee hom gas!
As die ‘dorp’ ver is…
Ontmoet die mense
Klok in op Clocolan • Die fotograaf Obie Oberholzer reis altyd agter lig en avontuur aan – ook toe hy onlangs op die Vrystaatse dorp Clocolan ’n draai gemaak en kort daarna op pad na ’n Keniaanse eiland sy indrukke oor die plek met ’n medereisiger gedeel het.
Ontmoet die vlieëboer • Hierdie is g’n bogstorie nie: Om met vlieë te boer is werklik ’n besigheid, en daarby ’n volhoubare een. Met Untum Solutions se teelprogram vir venstervlieë – ook bekend as black soldier flies – word voedselafval herwin én dit verskaf bemesting en hoëproteïen-veevoer. Ontmoet vir Nomuntu Ndhlovu, wat self weet hoe om hoog te vlieg.
Noodhulp vir troeteldiere • ’n Noodgeval met troeteldiere, weet ons, gebeur altyd op die verkeerde tyd. Dan moet ’n mens koelkop bly en die régte ding doen. En dít beteken allermins jy gaan delf daar in jou noodhulpkissie vir ’n Panado of hoesstroop.
Noodhulp vir jou dier
Noodhulpkissie vir troeteldiere
Ons gaan tuin toe • Herfs is nie te warm nie en ook nie te koud nie; dis nét reg om die Hexriviervallei se berge en blomme te verken op ’n klompie splinternuwe staproetes. Kry ook die iNaturalist-app onder die knie en “gesels” saam met Suid-Afrika se jongste plantontdekker.
Altyd ’n oog...