Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Platteland

Lente 2022
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Eendrag maak (steeds) mag

Weg! Platteland

Vertel ons

Nuus & dagboek • Die lente is op ons voorstoep, en daar’s oorgenoeg aktiwiteite om haar kleurryke koms te vier. Of jy nou gewaagde buitelugavonture verkies, by ’n gesellige fees wil inloer of eerder net in jou tuin wil kuier, daar’s iets vir almal dié seisoen.

Vier die lente en die lewe op Tuindag

Goud in ’n bottel

Die wye wêreld in met Mama se kos

Fyn uitgevat!

Dinge vir jou dagboek*

Ons gaan dorp toe • Ons het lieflike lentekopies uitgesnuffel op Citrusdal, Darling, Durbanville, Koringberg, Lakeside, die Paarl, Pretoria, Prieska, Randburg, Somerset-Wes, Vredendal, Wellington en Woodstock.

Speel wegkruipertjie in Vanderkloof • Op die oewer van Suid-Afrika se naasgrootste dam skuil ’n wegkom-oase tussen die dorre Noord-Kaapse koppies. Die mengelmoes van mense wat hier boer, aftree of oor naweke kom uitspan, stem almal saam: Rustiger en veiliger as Vanderkloof kry jy skaars.

Ontmoet die mense

Ontmoet die mense

Eet, drink, wees plesierig

Saam sal ons blom • Nege kleinskaalse blomboere het mekaar twee jaar gelede op Instagram raakgeloop en ’n ondersteuningsnetwerk, die Hort Couture Flower Collective, begin. Wie sou kon raai die inperking kan ’n kweekhuis wees vir ’n groep met die mantra “individuele drome, maar kollektiewe doelwitte”?

Ken jy Kameel? 49 silo’s en 27 mense… • Daar is klein plekkies reg oor Suid-Afrika wat redelik onbekend is, en dan is daar dié waarvan ’n mens nog nooit gehoor het nie. Hoe verduidelik jy dan vir iemand wat presies Kameel is?

Die roepstem van riviere • Van die gesogste – en uiteraard ook duurste – eiendom ter wêreld is geleë langs ’n rivier, en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Alan Duggan het gaan soek na mense met ’n voorliefde vir vloeiende water… en sommer ’n plan bedink vir die res van sy lewe.

Rustig op Velddrif Bote, basaars en bokkoms • Sedert Rob en Maria Kirsten 17 jaar gelede besluit het om die onopgesmukte Weskusdorpie Velddrif hulle tuiste te maak, het hulle nie net self hulle huis gebou nie, maar ook ’n rits suksesvolle besighede begin.

Briewe uit die Tankwa • Die R355 tussen Ceres en Calvinia is die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika, en as jy jou hierop begewe, reis jy deur die Tankwa-Karoo. Van die pad af lyk dit asof daar niks en niemand is in dié uitgestrekte stuk aarde nie, maar sodra jy stilhou, stilsit, asemhaal en die omgewing begin inneem, kom jy agter daar is baie wat wag om ontdek te word.

’n Hart soos ’n taxi • Asof die kunstenaar, illustreerder en materiaalontwerper Tori Stowe nie genoeg hooi op haar vurk het nie, begin dié kranige tuinier van Bathurst in 2020 ook die organisasie GROW Nolukhanyo, ’n gemeenskapsprojek wat skenkers en vrywilligers in staat gestel het om kostuine by huise, crèches, skole én ’n kliniek te begin.

Eskom se ma se boks • Net soos streng parkeerwagte en bokkie-bokkie-sokkiemusiek op die radio het beurtkrag nou al vir Suid-Afrikaners ’n alledaagse lastigheid geword. Dit verhinder jou gelukkig nié om dinge vir jouself makliker te maak as Eskom se twak… ekskuus, steenkool… weer nat word nie.

Ons.gaan tuin toe • Daar is hope goeie redes om dié lente uit jou dop te kruip: Gaan besigtig Hogsback se mooiste tuine; leer nuwe tuintruuks op ’n appelplaas; pluk jou eie aarbeie by die...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans