Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Is die hel ’n ‘WhatsUp’-groep?
Weg! Platteland
Clocolan bly maar altyd my plek
Maar dit is mos my grootwordhuis!
Ons boere is ysters… soos ’n windpomp
Die kiepersol-kopkrap
Hoor die roepstem van ons eie Parys
Nuus & dagboek • Die winter hoef nie die vaal, droewige seisoen te wees nie. Maak die meeste van die bibbermaande met dié nuwe bestemmings en feeste waar jy onder meer plaaslik gekweekte koffie en interessante kos kan proe.
Vat die vaal maande vas
Wyn vir jou winterkos
Bak sonder brou
Boomplaats woeker met wors
Dinge vir jou dagboek*
Tyd vir boekevat • Met dié nuwe boeke laat jy die koue gou-gou op sy neus kyk.
Ons gaan dorp toe • Ons het mooigoed vir die koue dae gaan haal in Albertinia, Bloemfontein, Centurion, Clanwilliam, Durban, Kaapstad, Knysna, Nieu-Bethesda, die Nuyvallei, die Paarl, Plettenbergbaai, Randburg, Sedgefield en Wellington.
Stofdorpies van die Molopo • Het jy al gehoor van die stofgehuggies Piet Plessis, Tosca, Bray en Vorstershoop – daar waar Noordwes ’n duik in Botswana maak? Ry gerus saam met ons op die streek se wilde paaie en ontmoet die mense wat nog tyd het vir stories.
Eet, drink, wees plesierig!
’n Nuwe bries trek deur – Koperfontein • Soos donkiejare gelede is Koperfontein steeds net ’n “syspoor en -halte” op die spooraansluiting na Saldanha, maar danksy ’n windplaas en die Copper Kettle-koffiewinkel is daar nou gerugte oor ’n bries van verandering wat deur dié Swartlandse gehuggie trek.
Ontmoet die mense
Is daar iets soos ‘windturbinesindroom’?
Kyk- en doendinge op die dorp • Koperfontein lê reg langs die R45 – 52 km van Malmesbury en 7 km van Hopefield af. Uit die Kaap is dit net meer as ’n uur se ry.
GENADENDAL Kaalvoet op heilige grond • Die strate van die Overbergse sendingdorp Genadendal lyk op die oog af stil, want hier kan elke baksteen en boom jou meevoer tussen vandag en gister. Maar besoekers maak gou vrede met die feit dat tyd hier eenvoudig anders werk.
Ontmoet die mense
Kuier en wees plesierig
Bromvoëls kry ’n tweede kans • Bromvoëls, die ikoniese vlagskipspesie van die savannebioom, broei net elke sesde jaar en word kritiek bedreig weens krimpende natuurlike habitat, elektriese skokke, onwettige handel en vergiftiging. Sarie Marais-Nell loer in by die Mabula Ground Hornbill-projek buite Bela-Bela wat die bordjies probeer verhang.
Waar die (wilde) Wilge vloei • Skaars 40 km noordoos van Bronkhorstspruit lê ’n plek wat bekend staan as Wilgepoort, Trichardtspoort, Zusterstroom… of sommer net “die vallei”. Hier sny die breë Wilgerivier diep deur die berge, en die mense boer met enigiets van kersies tot kampeerders.
Ontmoet die mense
Eet, drink, wees plesierig!
Op die Spoor van die Vellie • Die velskoen is al donkiejare deel van Suid-Afrikaners se lewe – en die afgelope paar jaar sommer hoogmode. Ons volg die spoor van dié geliefde leerskoene deur die dekades en kom uit by ’n klein dorpie aan die voet van die Sederberg.
Voorwaarts, vellie!
Maak só vir ’n nommerpas vellie
Tydlyn van die land se oudste skoenfabriek
Dis naweek op Prins Albert! • Prins Albert, wat vanjaar 260 jaar oud is, het oor die jare ontwikkel van ’n stil Afrikaanse plaasgehug tot ’n moderne, bedrywige oase in...