Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Tuis

Sept/Oct 2025
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

HALLO

Tuis

Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en skryf in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.

Diere DEKOR • Kyk wat gebeur met ontwerp wanneer dit deur diereliefhebbers gedoen word!

Wat’s nuut

’n Fees VAN andersheid • Uit ’n huis se bontspul style skep ’n egpaar ’n visuele paradys.

KONTEMPORÊRE plaashuis-styl • ’n Gesinshuis op ’n perdelandgoed respekteer die verlede en hou die oog op die toekoms.

Kontemporêre HOUTHUIS • ’n Galery-eienaar se plattelandse huis fokus op skoon lyne, neutrale kleure en organiese materiale.

Maak impak • Blaas lewe in jou huis met vars fokuspunte en nuwe detail.

SKRYF NOU IN! • Dis jaar 15 van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, en ons het ’n nuwe borg: Pak jou projek aan met Gelmar – jou vertroude vennoot en kleinhandelaar.

DIE nuwe bruin • Toe die Boonzaaiers ’n Wellington-huis opknap, het hulle soos die vorige eienaars met bruin en hout gespeel – maar op ’n splinternuwe manier.

Vra die kenners • Geïnteresseerd in meubelontwerp of soek jy wenke hoe om geverfde meubels te meng met rou hout? Vra net – ons kry die antwoorde.

Dieremaniere

Tuindagboek

Tuinkopies

BLOKRAAI #186

Italiaanse inspirasie • Met ouma Dolla se krismisrose en ’n versteekte fontein het Gera de Wet se reis in haar groot plaastuin begin.

Met water uit die Oranje • As jy op ’n eiland in ’n groot rivier woon, mág jy maar ’n lowergroen grasperk hê!

KAAS is baas! • Bo-op of binne-in, gerasper, gesmelt, gesprinkel of net eenvoudig in alles – met kaas kan mens toor.

Hertzoggies • Bak vir Erfenismaand (en net wanneer jy wil) dié ikoniese soetigheid met sy kleurvolle geskiedenis.

Kos is op die tafel!

Kos & drank

Die stilte van rosyne • Sy het dae lank op een kolletjie bly sit, skryf Karin Brynard, maar sy het ’n leeftyd afgereis.

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans