Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Tuis

Tuis Werf 2025
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

HALLO

Tuis

Buite is altyd beter • Ons almal kort meer vars lug en sonskyn in ons lewens. Belê in buiteruimtes vir ’n ieder en ’n elk!

’n Tikkie elegansie! • Wenke en kopies vir stylvolle buiteruimtes.

Paradys ‘vir altyd’ • ’n Romantiese huis op die eiland Majorka het die gedaantewisseling van ’n eiendom aan die ooskus van Suid-Afrika geïnspireer.

Heeltyd kuiertyd • Craig Olckers, ’n ywerige opknapper, het ’n droomruimte in sy tuin geskep met knus eetplek, ’n dramatiese braaikaggel en oulike skemerkroeg.

Minder is meer • Deur hul swembad met die helfte te verklein het dié huiseienaars genoeg ruimte gewen vir ’n heerlike buiteleef-en-kuierplek.

Kom saam winkels toe!

Gesellig & gemaklik • Onder sy splinternuwe dak is dié kuierkol nou een groot lekkerte, somer en winter.

In ’n kits werk toe! • ’n Verwaarloosde blikhuisie in die tuin is nou ’n gerieflike tuiskantoor.

‘DAAR’S MAAR ALTYD nog ’n projek ... ‘ • Net toe twee gewoonte-opknappers dink hulle is klaar met aanbou, inspireer ’n stapel fabriekvensters hulle om ’n veeldoelige glasvertrek te bou.

Net soos in die natuur • Dié ekovriendelike swemdam, wat aan ’n rotspoel herinner, sal natuurlik ontwikkel en mettertyd die biodiversiteit op die eiendom aanvul.

WARM & DOR? Hier’s raad • Die weer kan jou enige tyd van die jaar verras met warm, droë toestande. Volg ons kenners se wenke en verlig die uitwerking daarvan op jou tuin …

Waterwys wenners • In ’n volhoubare tuin speel plante wat uitgerekte droogtetye kan deurstaan ’n belangrike rol. Oorweeg hierdie 10 staatmakers wat suinig werk met water…

Vetplante EN FYNBOS • Die Rimells het hul lae-onderhoudtuin stuk-stuk beplant en met klip van die omgewing versier!

Wees wys en kies grys • Tussen wit en swart lê daar ’n hele spektrum van kleur vir die slim tuinier.

SÓ WERK ’n ware eko-tuin • Kweek, oes én geniet jou eie groente – op die natuurlike manier.

MET RESPEK VIR die natuur • Ja, jy kán tuinmaak sonder giftige chemikalieë. Kies opsies wat geen skade vir die omgewing inhou nie en boonop voëls en gawe insekte tuis laat voel.

Blomtreffers • Verlang jy ’n langdurige kaleidoskoop van kleur in jou tuin? Oorweeg dié 10 geliefde plante wat maande lank met ’n oorvloed blomme spog …

Mooi, lekker en gesond! • Eetbare blomme sit ekstra woema in jou tuin én op jou bord.

’n Veilige hawe • As jy in die Karoo tuinmaak, moet jy met die natuur én die reën saamwerk.

’N BLIK OP DIE paradys • Voëls en vlinders – selfs apies – gee lewe aan Helen se tuin!

In die natuur SE HANDE • ’n Overberg-egpaar se waterwys tuin verg geringe onderhoud en floreer in elke seisoen.

Kringe in die bos • Met kronkelpaadjies onder die blaredak van honderde bome pronk dié welige tuin reg deur die jaar.

’ n Besoek werd • As jy klaar gewerk is in jou eie tuin, vat die pad en gaan kyk wat ander tuiniers doen. Hier is van ons gunstelinge ...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans