Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Ons wiele rol…
AGTER DIE SKERMS • Weg se webredakteur Desiree Hartney het al twee keer in Suid-Korea gaan vakansie hou. Hoekom Suid-Korea van alle plekke? Lees op bl. 129 haar“Brief Uit”oor dié eiesoortige land.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, vonkpos of ’n posduif en sê jou sê.
KYK HIER!
KORTLIKS
My vriende voel ’n veer... • Voëls kan jou vriende wees, en hulle geselskap terapie, skryf Toast Coetzer.
BOEKE EN MUSIEK
Serai Dowling • Om in ’n getypoel te swem is een van die lewe se groot lekkertes, selfs al is die water ysig koud. Nie seker waar om te begin nie? A Guide to Tidal Pools of the Western Cape gee jou al die inligting wat jy nodig het.
Suutjies stoel die swamme • Tafelberg lok alle soorte mense... Fietsryers, naweekstappers en toeriste. En die “bergbokke” wat elke dag tot heel bo draf. En dan is daar die man met die mandjie. Wat kom maak hy hier? Piekniek vir een? Sophia van Taak het gaan uitvind.
Die Tafel is gedek! • Agter die bekende poskaartprentjie van Tafelberg skuil ’n ryk geskiedenis, planteparadys, versteekte woude, damme én strande. Op die nuwe Kaappunt na Kabelkar-staproete ervaar jy dit álles (en slaap jy tussen wit linne).
Gesien met my eie oë! • Weg se lesers sien wílde dinge – en dan het hulle boonop foto’s as bewys! In hierdie aflewering van “Met My Eie Oë” deel ons ’n handvol lesers se ervarings in die natuur, van watergatdramas in die Kgalagadi tot ’n swartmamba wat met ’n vlermuis worstel in die Kruger...
Die Here se rusplek • Die dorpie Wuppertal diep in die Sederberg ken van swarigheid, maar ook van hoop en gulhartigheid. Kom kuier; die mense wag vir jou!
MENSE SE LENSE • Stuur jou mooiste foto’s na Toast Coetzer by 🖰 menseselense@weg. co.za – dalk verskyn jóú foto op hierdie blaaie!
Kywie hou...
Pasta pronto ! • Min geregte is so vertroostend soos geurige pasta! Hier’s resepte vir alles van ’n vinnige aandete tot ’n langtafelkuier.
’n Kruispad... • Die Suid-Afrikaanse motorbedryf is vanjaar by ’n buigpunt. Hoe ry ’n gevestigde motorreus soos Toyota (steeds SA se markleier) ’n vloedgolf van snelle verandering? ’n Hibriede sportnuts soos die plaaslik vervaardigde Toyota Corolla Cross bied dalk die antwoord.
BLY HIER • MONTPELLIER-WYNLANDGOED, TULBAGH
Katoeters vir klein karre • Weg se skrywers het die afgelope 20 jaar ’n noue band met sekere motors gesmee. In die 00’s was dit Toyota Condors, toe Renault Dusters in die 10’s en sedert die 20’s het ons wyd en syd met veral Suzuki Jimny’s die grondpaaie deur Suid-Afrika tot in die verste uithoeke van Namibië en Botswana verken. Die gedugte Jimny is ’n wonderlike kanniedoodkar as jy die teer wil verlaat, maar dis klein! Jy moet dus jou pak ken, en hier is die toerusting wat die lewe op die langpad makliker maak as jy in ’n klein motor wil toer.
TRAP HIÉR • Laat wiel deur die Tsitsikamma
Waar bos en see bladskud • Die kusdorpie Kenton-on-Sea lê lepel met die Kariega- en Boesmansrivier. Dis ’n plek vir kaalvoetloop en soek na weggesteekte strande, en waar diere voorrang bo bote op die rivier geniet.
Verken die Caprivi en Zambië se Liuwa-vlakte • Kom saam met Weg en...